Bly in verbinding met jou gemeenskap
Maak 'n kort skakel waarmee gemeenskapslede met jou op WhatsApp kan begin praat. Deel die skakel met e-pos, jou webtuiste, Facebook-bladsy of enige ander gereeld gebruikte kanale.
In hierdie tyd van verhoogde onsekerheid en isolasie kan jy met jou gemeenskap in kontak bly op WhatsApp – dieselfde middel wat hulle gebruik om in kontak te bly met familie en vriende.
Gebruik WhatsApp asseblief verantwoordelik wanneer jy met jou klante skakel. Kommunikeer net met gebruikers wat jy ken en diegene wat boodskappe van jou wil ontvang. Vra kliënte om jou foonnommer in hul adresboek te stoor, en moenie outomatiese of promosieboodskappe aan groepe stuur nie. As jy nie hierdie eenvoudige beste praktyke volg nie, kan dit lei tot klagtes van ander gebruikers en moontlik ’n rekeningverbod.
Om veelvuldige vrae die beste te bestuur, nuttige inligting in ’n besigheidsprofiel te vertoon en besonderhede van jou dienste in ’n katalogus te deel, beveel ons die WhatsApp Business-toepassing aan, wat gratis afgelaai kan word. Klik hier vir 'n stap-vir-stap-gids oor hoe om die WhatsApp Business-toepassing te gebruik. As jy jou rekening moet skuif van WhatsApp Messenger na die WhatsApp Business-toepassing, klik hier.
Laai af vir jou foon
Maak 'n kort skakel waarmee gemeenskapslede met jou op WhatsApp kan begin praat. Deel die skakel met e-pos, jou webtuiste, Facebook-bladsy of enige ander gereeld gebruikte kanale.
Voltooi jou besigheidsprofiel en stel gepasmaakte groetboodskappe op sodat mense kan sien hoe om hulpbronne en meer inligting oor jou dienste te kry.
Gebruik in hierdie besonder besige tyd 'n outomatiese wegboodskap om jou gemeenskap te laat weet wanneer hulle van jou sal hoor.
Lig jou gemeenskap in oor die dienste wat vir hulle beskikbaar is. Sluit diensbeskrywings in by jou katalogus, wat deur jou besigheidsprofiel bereik kan word.
Stoor en hergebruik boodskappe wat jy gereeld stuur om vinnig te reageer op gemeenskapslede se vrae.
Lig jou gemeenskap proaktief in en leer hulle hoe hulle kan help om die verspreiding van die virus te vertraag. Gebruik foto's, video en teks om wenke te deel in 'n statusopdatering.
Gebruik groepe en groepvideo-oproepe om van ver af met jou span saam te werk.
Gebruik WhatsApp Web om 'n groot hoeveelheid WhatsApp-boodskappe vinnig en doeltreffend op jou rekenaar te bestuur.
As jy enige vrae het rakende WhatsApp se koronavirus-inligtingsentrum, kontak ons.